Welkom Samuel Groenewald!


Baie geluk aan Henk en René met hulle nuwe kleinding, Samuel.  Hier is hy net 'n paar dae oud, en waai al vir die kamera! Hy is piepklein, baie oulik, perdfris en gesond.  Sy groot boetie Marais dink hy is die nuwe pop!  Ons kan nie wag om te sien hoe hierdie 2 bulletjies groot word en hul ouers trots maak nie.  Dankie vir hierdie groot wonderwerk wat ons as gemeente met julle kan deel.