Totsiens Martie

Francois Kitshoff, Martie Pienaar en Martin Steyn

Martie Pienaar, ons sekretaresse vir die laaste vyftien maande, het ons verlaat vir 'n nuwe werk, en haar familie en kleinkinders, in Johannesburg.  Ons gaan haar baie mis. Sy was altyd daar met 'n glimlag en opgewonde oor alles en almal in die kerk.  Ons is so bly jy was deel van ons familie, al was dit net vir 'n kort rukkie, en ons wens jou die beste vir al jou nuwe avonture.

Ons het lekker koek en tee geniet by Vovo Telo in die Waterfront op Martie se laaste dag.