Sondag 28Okt Erediens

Teks: Ps 126
Tema: Huil vandag......lag môre?!
v6:" Al loop hy en huil terwyl hy die saaisak dra, hy kom juigend terug terwyl hy sy gerwe dra".
Wie ken daai gevoel....waar jy so swaar kry en jy wil net huil, maar dieselfde tyd as jy die wenstreep sien wil jy net lag van opgewondenheid? Amper asof dinge gaan verander binnekort. Soos die man op sy pelgrimsreis wat nou net gesing het: Ek slaan my oë op na die berge, waar sal my hulp vandaan kom?"(Ps 121), vind hom nou in die diep valleie en donkerte, sing nou Ps 126 miskien herhalend net vir motivering. Verander tog ons lot ,Here.... is die opskrif. Kom luister na die uiteinde van die pelgrim se storie.
Bybelstudie:
Ps:126 (lees ook Jer 31:7-9 ; Ps 34:2-9)
As Christene is ek en jy ook op ons eie pelgrimstog na die beloofde land.
Waar vind jy jou nou op jou tog?
As jy nou hieraan gedink het, wat beteken die woorde van ps 123:6 vir jou: "U omsluit my van alle kante, U neem my in besit. Die wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip?"
Soms vind ons onsself in die diep klowe, soms in die top van die piek,en altwee kan ewe sleg wees. Op ons reis het ons trooswoorde en beloftes nodig, soos dat jy weer sal lag.... maar dan wonder ek: glo ons dit? en kyk na die manier hoe ons leef.....