Gedagte vir die week



Gedagte vir die week:
21 Maart
Vanoggend het ek met my dogter gaan jag. Sy is net vier jaar oud.Sy jag met ‘n pyl en boog en ek met ‘n haelgeweer. Die woud is dig, en dit was maar moeilik om die diere te sien. Ons bekruip hulle stadig, staan agter bome en wag vir die prooi...... dit vat ‘n rukkie..... , maar dan sien ons hulle.’n Tier, ‘n krokodil en ‘n eekhoring! Sy mik eerste, trek die boog styf en laat los die pyl. Sy het hom! Een groot vet tier! En dan is dit my beurt. Ek skiet sommer uit die heup na die eekhoring, en daar val hy. Vanaand gaan ons lekker braai!

Met so ‘n verbeelding kan jy vêr kom, en dit alles het in ons agterplaas gebeur die Donderdagoggend. ‘n Hele halfuur se jag! Dink net as ons so ons verbeelding kan gebruik in ons verhouding met God. Die dinge wat julle saam kan doen! Die een ding is net. Met God is alles moontlik!

Pieknieksondag en paasnaweek: Dit was 'n baie lekker piekniek en vir almal wat gekom het en ons beter leer ken het 'n groot dankie.Ons was so om en by 50 mense wat gekuier en gebraai het tot omtrent so 6 uur die aand. Wie't ooit gedink dit sal so lekker wees! Vir die wat uitgemis het, moet nie bekommer nie, ons reël weer een van die dae iets.Almal wat weggaan die paasnaweek moet lekker uitrus en veilig ry.  Fotos:  www.ekliefmykerk.co.za en facebook: https://www.facebook.com/pages/Drieankerbaai-Gemeente/198410470227723?ref=hl

 Sabbatsverlof:  Ek gaan vir die maand van April op 'n maand sabbatsverlof.  Predikante kry die voorreg so een maal elke 3 jaar. Dit is 'n tyd wat ek gaan gebruik om my af te sonder en op so 'n manier tyd saam met God spandeer. Natuurlik ook besig wees met die gawes wat Hy my gegee het soos visvang(soos dit enige dissipel betaam) en "surf". Ek sal kyk of ek julle op hoogte kan hou met alles, alles afhangende van die selfoonopvangs. Prop. Marius Gertzen       gaan vir ons aflos in die tyd.  Kyk asb. mooi na Megan en die kinders wat gaan agterbly!