Gedagte vir die week: Spring



So dinge werk nie altyd so uit soos jy wil hê dit moet nie, of die idee van hoe ek dink dit moet werk nie. Mense sê dinge of doen dinge wat jou lewe beinvloed en binne ‘n oogwink vind jy jouself of jou gemoed op ‘n ander plek...... dan begin ek soek...by God. Want by jouself gaan jy nie altyd sin kan maak nie, of dinge verstaan nie. Dit laat my dink aan die voorbeeld van ‘n trampolien. My kinders is mal daaroor en ek sien dit deesdae oral. As jy op jou eie spring kom jy net tot ‘n sekere hoogte. Maar as jou ma of pa of maatjie saam opklim en dieselfde oomblik as jy op die trampolien spring, dan kan jy hoog die lug inskiet, soveel so dat jy benoud raak daar bo en wonder hoe jy gaan afkom.

Ek dink as ons dinge op ons eie probeer doen en uitwerk kan ons ons lewe lank net hop op een plek en ‘n sekere hoogte bereik, maar met  God kan Hy jou die hoogtes inskiet sodat jy meer kan doen as ooit, en dan ook weet dat Hy jou veilig sal laat land.....vertroue....