'n Poppie help kinders in nood:


 

 



Badisa het hierdie wonderlike inisiatief begin!

Elke Lappop verteenwoordig ’n werklike kind aan wie dienste gelewer word en bevat ’n naamkaartjie met inligting. Benewens die moderne lappop is daar ook ander poppie produkte soos ’n yskas-magneet, sleutelhouer, geskenkpapier en ’n virtuele “screensaver” wat verkoop word en ook bemark word om bewustheid rondom die groot nood te verhoog.

As die publiek ’n poppie koop teen R120, stel dit die maatskaplike dienskantore in staat om kinders kos te gee, te beskerm en op te voed, sowel as die lewering van noodsaaklike statutêre maatskaplike dienste.
 
Hierdie kantore het tydens die afgelope naweek by die Durbanville Plaasfees formeel hul poppie projek geloods.

Die poppies is geskep deur ontwerper Jo Davidson van Rowgue Innovative Design Studio in samewerking met Esme Brink van EB Consulting en Badisa Trio se Bellville kantoor. Die poppies word met die hand gemaak deur vrouens afkomstig van Fisantekraal Development Centre, Wallacedene en Morningstar informele nedersettings, onder die leiding van naaldwerkster en entrepreneur Elaine du Toit. Dit dien dus ook as ’n geleentheid vir noodsaaklike werkskepping.

Die poppies is tot dusver goed ontvang en volgens Juanita Beukes, Bestuurder Maatskaplike Diensprogramme by Badisa Trio, bekoor dit nie net almal wat daarna kyk nie, maar gryp dit ook die verbeelding en harte aan van kinders wat hulle ouers smeek om ’n poppie aan te neem.

Die publiek en maatskappye word gevra om die projek te ondersteun. Daar word ook tans handelaars of winkels gesoek wat die poppies of enige van die ander artikels sal verkoop.

Enige navrae rakende die poppies kan gerig word aan Esme Brink by esme@badisatrio.co.za. Die poppies kan ook aanlyn bestel word by www.thegiftroom.co.za, ’n nuwe aanlyn dekor-en geskenkwinkel en virtuele borg van die projek.

Vir meer inligting besoek ook www.badisatrio.co.za