Gedagte van die week: Kreef


 
Om met ander mense sommer net so oor Jesus te gesels is nie altyd so maklik nie. Die opdrag aan ons van God is tog om die evangelie te verkondig. S o hoe begin ek so ‘n gesprek?

 Laasweek doen ek die vreemdste ding. Die see was rof en ek staan hier voor op ons naaste strandjie. Daar lê toe ‘n uitgeholde kreefkop op die sand, en so ‘n entjie verder ‘n kreefstert.  Dit moes seker met die rowwe see uitgespoel het. Ek vat dit toe en sit die twee dele bymekaar laat dit soos die ware jakob lyk. Die neem ek toe en laat lyk ek  soos ‘n verdwaalde kreef op die promenade, en ek gaan sit so eenkant op ‘n bankie en beloer die spulletjie. Wat ‘n treffer! Drawwers wat gil as hulle amper op die kreef trap, mense stop en neem fotos, kyk of die kreef lewe. Daar was op een slag seker so ‘n sirkel van 5 of 6 rondom die kreef, en nie een kan besuit of die kreef leef of nie en elkeen is te bang om aan die kreef te raak.

Wat ek weet is dat die aand seker so 50-60 mense gesels het oor die uitgeholde kreef op die promenade, en die kreef kon nie eers praat nie. Miskien moet ons sommer net ‘n Bybel so êrens sit, in jou kantoor, wagkamer,eetlokaal.  Wie weet , dalk praat mense met jou daaroor!?