Pinkster-dienste

 

Ek sit en werk in my studeerkamer aan die pinksterreeks, kyk by die venster uit oor die wye bloue see en hoor die sagte geroep van seevoels...... Nee wag, dis die taxi wat daar sy toeter blaas en die lawaaierige sportmotor, George en Maddie wat hang aan die muur om net vir die volgende een te vra vir 'n geldjie. Die lewe is nou nie altyd soos ons droom nie.

Kom ontsnap 'n bietjie en kom vanaand na die pinksterdiens. Ons praat oor die Heilige Gees en ons interpretasie van die Bybel. Die res van die week kyk ons ook na ons verhouding met die Heilige Gees.

Elke aand na die diens hierdie week, kuier ons lekker oor a koppie sop in die saal, almal welkom.

Groete
Ds.Martin Steyn

Skildery: "Pentacost" deur J. Joseph Hart