Ons kinders se dankie


Met dankoffersondag vra ons mos toe die kinders om ook iets te teken waarvoor hulle dankbaar is en vir Jesus wil dankie sê. So teken elkeen van hulle die mooiste prentjies en gooi dit by die offerkis in. Dit was ‘n groot ding vir hulle en hulle het na die tyd verduidelik wat hulle geteken het, want soos jy weet kan jy nie altyd die regte interpretasie maak nie. Olivia teken toe die prentjie wat aangeheg is en hier is haar verduideliking: ”Dit is die gat waarin oupa begrawe is, en die reenboog is die hemel en hart is om dankie te sê dat oupa nou saam met Jesus is. Dankie vir Jesus se liefde.” Dit was haar eie woorde en dit het my net weer laat besef dat ons al van kleins af ‘n Godsbeeld vorm en baie verstaan van Jesus. So kyk na hulle en leer ons kinders mooi!
Groete
Martin Steyn