Karoo gedagtes


 
 
Dit is al helfte van die jaar. Baie het al gebeur. Party goeie dinge en party sleg. Die vakansie was ons op 'n plaas in die Noord-Kaap. Dis nog een van die plase wat te vêr uit die pad lê vir Eskom om daar uit te kom. So warm water... word gemaak deur die donkie (basies 'n geyser met vuur warm gemaak) se vuur, elektrisiteit deur 'n windlaaier en kragopwekker. Jy kan jouself voorstel wat alles kan verkeerd, iemand vergeet om vuur te maak, geen wind, geen diesel, as die krag uitskop en jy is op die foon dan sny dit jou af . En as jy dan sommer heeldag in die veld is om windpompe reg te maak kan baie verkeerd gaan. Ek vra toe die boer hieroor en hy lag toe net en sê: "As al die dinge ook nie gebeur nie dan is dit ook nie lekker nie."
Ek dink net so met ons. Wat ook al in die jaar gebeur het, as dit nie so was nie , was dit ook nie lekker nie. Ons leer uit die goeie en die slegte en weet in ons geloof ;God is met ons.

MARTIN STEYN