SONSKYN


‘n Mens kan nie help om die laaste week jou te verstom oor die grootheid van God se skepping nie. Al die elemente in een week. Eers die mooi somersdae, en jy kyk na die mooiste sonsondergange. Of die kouefront wat oorkom en die grootste, sterkste en kragtigste branders na die kant toe stuur,  jy kyk hoe hulle die rotse slaan. Dan is daar die oomblikke so tussenin waar die son op die horison oor die see so tussen die wolke deurbreek, jy sien die goue strale op die see brand en die silhouette van ‘n boot op dieseflde plek. Dit is asof alles op die een oomblik op dieselfde plek bymekaarkom en jy dink.” Wow! God is ongelooflik! “ Twee minute later op dieselfde plek het die son agter die wolke weggekruip, die horison is weer grys en vaal en die boot het in die grysheid verdwyn.

Dit laat my dink, sommige dae voel ek ook so. Een oomblik goed en iets gebeur dan is dit asof dit weer grys word. En dan, op die oomblik wat ek dit die nodigste het, kom alles bymekaar en ek besef :” God is in beheer, ek hoef oor niks besorg te wees nie.”


Photo geneem deur Catherine Boyd: Picture a Day of Sea Point