Stories...of dan.. verhale...


N.a.v. Sondag se preek oor Ester het ek weer gedink aan stories van mense. Hoe Ester net weer moes hoor:" miskien is dit juis met 'n oog op 'n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het." (Ester 4:14) Haar storie op die regte tyd op die regte plek. Het jy al ooit gewonder of jy op die regte tyd op die regte plek is? Al gebeur daar nou niks nie, is dit dalk waar jy moet wees? Baie vrae gaan ook deur my kop. Wat is ander se stories? waar kom hulle vandaan? Want as jy dit eers ken ,verstaan jy baie beter. Selfs jou vrou.

Ek haal vir Ferdinand Deist aan: "Daar kan meer helende krag in een verhaal sit as wat 'n rak vol dogmatiese werke kan genereer. 'n Verhaal doen wat die evangelie doen: dit voer mense mee na 'n ander dimensie. Dit maak 'n vlietende oomblik lig......en genees."

Wat is die een langs jou se verhaal?