Die Sodagskool hou weer piekniek die Sondag!  Ontmoet Martin en Megan by Deer Park Natuur Reservaat, op die rand van die stad, om 2 uur.  Ons gaan vir 'n klein stappie, skattejag vir die kinders en stroompie om te speel en paddavissies te vang.  So bring 'n emmer, visnet, gemaklikke skoene, sonskerm, piekniek en sommer jou hondjie ook.

Toegangsfooi is 'n ou speelding waarmee die kinders nie meer speel nie.  Ons het gehoor van 'n klein kleuterskool in Langa, Silindokuhle wat amper niks speelgoed het nie! Daar is omtrent 70 kinders tussen 0 to 5 jaar oud Ons wil graag speelgoedjies versamel en vir die skooltjie skenk.

Aanwysings:

In Vredehoek, ry verby Deer Park Cafe op jou regterkant tot heel bo in die pad.  Net voor jy teen die einde kom neem 'n regs en dan 'n links en op 'n grondpad.  Ry op tot die laaste parkeerarea.