maandbrief okt-nov

*|MC:SUBJECT|*
Maandbrief Oktober-November 2014.
Uitgawe 23

EEN KLIPPIE OP 'N SLAG

Amper elke oggend stap ek Sophie en ons hond, Jack, saam skool toe. As ons vir Sophie klaar tot siens gesê het stap ek en Jack verder. So merk ek oppad terug op dat daar ‘n hopie klippe langs die windkous, op die promenade lê- waar die 'paragliders' land. Hoekom sal hierdie klippe daar lê? En so kom ek agter as ek weer daar verby-stap dat klippe amper elke dag meer word.
 
Ek kom toe met die volgende teorie vorendag: Dit is een van die 'paragliders' wat elke dag van Seinheuwel af ‘n klip saam ondertoe bring. Miskien om so rekord te hou van sy spronge. En so dink ek toe: sonder dat hy weet is hy besig om berge te verskuif. Stadig maar seker is daar elke dag ‘n bietjie meer van Seinheuwel op die promenade en elke dag, soos die hopie groter word, is die kans dat 'n klein bergie gaan verskyn, meer waarskynlik.
 
Dit laat my dink aan die woorde van Matteus 17:20, dat as ons die geloof van ‘n mosterdsaadjie het ons berge kan versit. Miskien klink dit na te veel vir een slag, miskien sien ons ook eerder kans vir een klippie op ‘n slag.  ‘n Klein gewoontetjie, geloofsgewoonte, of dit nou gebed is, stiltetyd, die Skrif lees, om joernaal te hou, of wat ook al, kan jou help om jou geloof sterker te maak. Een klippie op ‘n slag. 

Ds Martin Steyn



DRIEANKERBAAI GEMEENTE VEILING


Kom wees deel van ons opwindende jaarliks veiling wat hierdie jaar as 'n funksie apart van die basaar aangebied word.  U word hartlik uitgenooi om op Woensdag 22 Oktober om 19:00 saam met ons te kom kuier by Bootlegger Coffee Company met 'n glasie wyn en eetgoed.  Daar gaan hope interessante items op die veiling wees: van lewenservarings, naweke weg, restaurant geskenkbewyse, wyn en nog vele meer.

Kaartjies is R150 per persoon en is beperk.  Bespreek NOU by die kerkkantoor.  U ondersteuning word opreg waardeer.

epos: ngkdab@polka.co.za

Ons hou weer basaar  Saterdag 1 November2014!  Kom deel saam met ons hierdie opwindende dag vanaf 9:00.  Ons kuier lekker onder die bome saam en geniet pannekoek, worsrolletjies, potjiekos, kerrie en poeding tot 15:00 met lekker boeremusiek in die agtergrond.

Laat weet jou familie en vriende!  DIt is een basaar wat jy nie kan mis nie!

Gebruik die basaar facebook event om vriende te nooi en in te lig oor ons basaar!

Willie Jonker-gedenklesing

Die jaarlikse Willie Jonker-gedenklesing,  aangebied deur die Ring van Kaap die Goeie Hoop,  vind DV op Sondag 26 Oktober 2014 om 15:30 by Ysterplaat-Suid gemeente plaas (adres: Da Gama straat, Ysterplaat).

Die spreker by dié geleentheid is Doktorandus Erik Basson.  Hy promoveer  eersdaags oor die teologie van Prof. Jonker.  Sy tema is: “Verlossing as die sleutel om Willie Jonker se teologie te ontsluit”.

Navrae kan gerig word aan Dr. Ben Kotzé  benreza@telkomsa.net  of (021) 4477714

ONS KERKGEBOU IN DIE LENTE


Dit voel sommer asof die verf van die kerk so mooi saam met lente geval het. Die kerk is mooi met sy nuwe lagie verf en terselfdertyd  begin die bloeisels uitkom, die gras groei weer en die clivia’s is vol in die blom. Dit lyk alles sommer baie mooi. Lente is inderdaad die seisoen van groei en weer begin. Mag die seisoen van groei ook 

sommer in jou wakker gemaak word en as jy ooit wil kom help met die kerktuin - veral as jy groenvingers het, is jy welkom om vir net vir ons Martin en Megan te laat weet.

Baie dankie aan almal wat bygedra het en nog steeds bydra tot die kerk se restourasiefonds. Ons kort nog R60 000 om die pastorie te verf en so ‘n paar ander restourasies te doen. U kan steeds bydra: maak asseblief ‘n betaling met die verwysing EDM (wat staan vir eiendom). Sien die bankbesonderhede  aan die einde van die nuusbrief.

Uit Die Burger; 30 Januarie 1989

Versterkwater help met trou-floutes

WANNEER 'n predikant meer as 21 paartjies in die Desember-vakansie in die huwelik moet bevestig, kan gemeentelede dit seker nie verkwalik word as hulle wonder of hy nie self die ``versterkwater'' gebruik wat hy sê vir diegene gehou word wat voor sy preekstoel flou word nie. Ds. Piet du Toit, leraar van die NG gemeente Drieankerbaai wat einde verlede jaar so besig was met troues in sy kerk, kon veral by een geleentheid die versterkwater goed gebruik het om 'n bruidegom wakker te hou. Volgens ds. Du Toit het 'n bruidegom verlede jaar vir hom 'n bietjie wankelrig voorgekom net toe hy en sy bruid voor die preekstoel stelling inneem. ``Die man was van Franse afkoms en ek moes die preek in Engels lewer. ``Dit was ook nie baie lank nie toe dop die man om. Die koster het ingekom om hom op te help. Ek het die koster gevra om in die kerk agter te bly en hy het in die eerste ry gaan sit sodat hy vinniger by hom sou kon kom indien dit weer gebeur. ``Dit was klaarblyklik 'n goeie besluit, want die man het net daarna weer omgeval. Die koster het hom daarna maar op 'n stoel sitgemaak, maar ook dit het nie gehelp nie. Hy het skaars gesit toe val hy af. ``Al uitweg was om uiteindelik die bruidegom teen die Nagmaaltafels te laat leun. Dié keer het die koster reg agter hom gaan sit om die nodige bystand te verleen. Op dié manier kon die huwelik uiteindelik voltrek word.'' Volgens ds. Du Toit het die bruid verbasend kop gehou en kalm gebly. Hy het selfs in 'n sekere stadium voorgestel dat die bruidegom teen haar moes leun. Of dit vrees was wat die arme bruidegom so laat omdop het, weet ds. Du Toit nie. Hy vermoed egter dat hy die vorige aand 'n ``bietjie kwaai party gehou het''. Oor die versterkwater wat hy in sy gemeente se maandbrief genoem het, sê ds. Du Toit 'n apteker het dit die volgende dag aan hom gegee om te help as so iets weer gebeur. ``Dit was gelukkig nog nie nodig om dit te gebruik nie.''

 

ARTIKEL 1: PROSES SE INLIGTING BYMEKAAR


VIR ONS GEMEENTE WAT IN HIERDIE DAE BESIG IS MET GESPREKKE EN DIE PROSES RONDOM DIE WYSIGING VAN ARTIKEL 1 VAN DIE KERKORDE:  DIE INLIGTING WAT VAN DIE WES-EN-SUID-KAAP SE SINODE AAN GEMEENTES UITGESTUUR IS, IS HIER ONDER BESKIKBAAR.  KLIK ASB. OP DIE SKAKEL HIERONDER VIR MEER INLIGTING OF OM DIE KERK SE WEBBLAD TE BESOEK.  'N KOPIE IS OOK AGTER IN DIE KERK BESKIKBAAR.

ARTIKEL 1: STEMPROSES

ONS VERWELKOM ONS GEMEENTE SE NUWE BABAS


Jurgen Daniel Gerber


Jurgen Daniel Gerber, 'n baba-boetie vir Heinrich.

Baie geluk aan Sonet en Eckhardt met hulle nuutste bondeltjie.  Hy is op 4 Julie 2014 gebore, 'n stewige 4.1 kg.

Ruth Jamie Steyn


Ds Martin en Megan het hulle derde dogtertjie Ruth Jamie in die wêreld verwelkom op 18 Augustus 2014.  

Sy het 3,37kg by die geboorte geweeg, en is 'n wonderlike sussie vir Olivia en Sophie.

DOOPSONDAG

Ons was bevoorreg om as gemeente die doop van Gita  Heyl te kon beleef op 14 September  2014.  

DIe kerk was propvol familie, vriende en oupas en oumas.  Baie dankie aan die Heyl-familie vir die geleentheid - ons wens u seen toe vir die toekoms.

KERKRAAD

OUDERLINGE
Andre du Plessis
Francois Kitshoff
Kobus Meiring
Louise Voigt
DIAKENS
Chris Derksen
Helena Gavera
Adriana Schoeman
Pieter van Coller
Lammies van Vreden
 

PERSONEEL

DOMINEE  Martin Steyn
SKRIBA  Megan Steyn
KOSTER 
Andre du Plessis
TUINIER Wellington Sadimba


BELANGRIKE DATUMS

OKTOBER
03  SKOLE SLUIT
05  DS. K. SMIT PREEK
13  SKOLE HEROPEN
19  NAGMAAL 9:30
22  VEILING @BOOTLEGGER
24  SEA POINT PLACE EREDIENS 10:00
25  GROOTE KERK BASAAR 
      

NOVEMBER
01  BASAAR 9:00-15:00
13  KERKRAADS-VERGADERING
21  SEA POINT PLACE EREDIENS 10:00
30  NAGMAAL 9:30

Copyright © *|CURRENT_YEAR|* *|LIST:COMPANY|*, All rights reserved.
*|IFNOT:ARCHIVE_PAGE|* *|LIST:DESCRIPTION|*

Our mailing address is:
*|HTML:LIST_ADDRESS_HTML|* *|END:IF|* unsubscribe from this list    update subscription preferences 

*|IF:REWARDS|* *|HTML:REWARDS|* *|END:IF|*

 

DONASIES

NGK DRIEANKERBAAI
STANDARDBANK
SEEPUNT
REKENING NOMMER 0710 38663
TAKKODE 024109
BESKRYWING: U VAN; TIPPE BYDRAE (MAANDELIKS, JAARLIKS, BASAAR, EIENDOM OF DONASIE)