Kersangdiens

Park vir jou 'n smullekker piekniek mandjie in en geniet die aand saam met ons onder die bome in kerslig met die geklank van kersliedere.  Die hekke maak 6 uur oop vir 'n gesellige aand met gemeente, familie en vriende.  Nooi almal uit om die aand saam met ons te beleef.