GEMEENTENUUS

*|MC:SUBJECT|*
Maandbrief FEB - MAART 2016 Uitgawe 21

HUIS VAN DIE HERE
In ‘n hele paar plekke in die Bybel lees ons oor die huis van die Here. Ons lees daarvan
  • as ‘n plek van aanbidding (1 Kron 16 :29 “Kom na Hom toe, bring vir Hom offers.”)
  • ,as ‘n plek van lering in Miga 4:2 ” Kom na die huis van die God van Jakob sodat ons Sy wil kan leer”)
  • en seker die bekendste in Ps 23:6 (“ Ek sal tuis wees in die huis van die Here.”)
Daar is nog heelwat ander gedeeltes wat hieroor skryf, maar wat vir my belangrik is, is dat dit ‘n plek is waar ek die Here kan ontmoet, ‘n plek van skuiling waar ek net rustig kan raak voor Hom, saam met Hom ,en ‘n bietjie van die wêreld se gewoel kan wegbreek.

Ja, ek weet die Here is oral. Jy kan Hom buite op die berg ervaar of op ‘n wandelstap langs die see ontmoet deur gebed.
Sy boodskap is op die radio waar ek rustig kan sit sonder ander wat pla en na die boodskap luister, of op televisie. Ja, Hy is oral. Maar daar is niks so lekker en spesiaal as om Hom in Sy eie huis te ontmoet nie, saam met ander kinders van die Here. Dan besef jy ook jy is nie alleen nie, hier is ook ander wat saam met my die Here kom ontmoet. Want ons is ook Sy huis (Heb 3:6), en saam ontmoet ons Hom en dra ons Sy beeld uit.

Dit het my Sondag vroeg voor kerk getref toe een persoon ‘n ander in die hoofstraat groet met die woorde: “Môre, man van God!” En dit was ‘n gewone man met ‘n Bybel in sy hand oppad na die huis van die Here. Dit laat my dink.
Waar dra ek my Bybel heen?
Waar ontmoet ek my God met Sy Woord in my hand?
Of haal ek dit ooit uit my bedkassie?

Ds. Martin Steyn
TEKENING: Stephan le Roux (9)
GEBED UIT DIE GROOT GEBEDEBOEK
God van ons lewe,
daar kom dae wanneer die laste wat ek dra
my skouers skaaf en my neerdruk;
wanneer die pad vorentoe droewig en eindeloos lyk,
die lug vaal, troosteloos en dreigend;
dae wanneer die lied uit my lewe verdwyn
en my hart eensaam en my siel moedeloos word.
Laat dan u lig op my pad skyn;
rig my oë op die hemele van u belofte;
snaar my hart vir u lied;
skenk my die gemeenskap van die heiliges
en van die geloofshelde van die eeue;
en sterk so my gees om ook ander,
wat die pad saam met my bewandel,
te onderskraag tot u eer en verheerliking.
AUGUSTINUS VAN HIPPO (5DE EEU)
BLOMME VIR DIE HUIS
VAN DIE HEER

‘n Groot dankie aan almal wat blomme skenk vir elke Sondag se erediens. Wat ‘n voorreg is dit nie om so die huis van die Here gereed te kry vir Sy ontmoeting met Sy kinders nie. As jy deel wil wees van die blommespan of selfs net voor ‘n erediens ander wil verwelkom, kom so ‘n bietjie vroeër kerk toe. Laat weet vir Megan by die kerkkantoor as jy graag ook wil bydrae tot blomme by die erediens.

KINDERS BY DOSYNE ....…
Dit is die woorde van ‘n lied wat gewoonlik net by troues gesing word, en baie ouers in hierdie gemeente het dit beslis letterlik opgeneem!. Elke Sondag sien ons tientalle kinders as hulle opstaan om na die kinderkerk te gaan. En die getal dooplidmate groei en groei. Hierdie jaar het ons al twee maal gedoop en ons doop weer volgende maand. Kinders is baie belangrik vir ons as gemeente en ons gee baie om vir hulle. Ons wil ook hê dat hulle die kerk moet geniet sodat dit vir hulle soos ‘n tweede familie voel. Daarom wil ons graag diegene aanmoedig wat ‘n passie en liefde het vir die kleingoed om na vore te kom en ons te help met die taak wat God vir ons elkeen gegee het. Hetsy dit is om ‘n Sondagskoolklas aan te bied of net te help met organisasie. Die kerkraad ondersoek tans die moontlikheid van ‘n jeugwerker of selfs ‘n jeugpredikant. As jy enigsins kans sien om ons te help of idees het, laat weet assseblief vir Martin.
BABYLONSTOREN UITSTAPPIE
'Iemand wat dit nog nie beleef het nie, mis nou rerig uit in die lewe." Jeremé Fourie

Gemaklike skoene, hoedens, sambrele, water, sonroom en ons was reg vir ons avontuur uit die stad.

Baie dankie aan almal wat die uitstappie ondersteun het. Dit was 'n wonderlike dag vol oohs en aahs, stories en glimlaggies. Die ryp vrugte het gehang van die bome en het so sappig en soet geproe. Gundula het 'n inspireende toer van haar tuin geggee, en ons het almal ietsie nuuts en besonders geleer.
Na die tyd het ons 'n smaaklike middagete in die glashuis geniet.

Goeie geselskap, vriende, vars lug, natuur, smaaklike kos- bestandele vir dag wat die siel lig!

HALLO AAN ONS NUUTSTE BABA

GIDEON WESSELS
GEBORE: 06 JANUARIE 2016

Baie geluk aan sy trotse ouers, Deon en Lizelle Wessels, en sy gelukkige boetie en sussie, Adriaan en Klara met die geboorte van Gideon, 06 Januarie 2016, 'n gesonde 3.7 kg.
DOOP...DOOP... DOOP!
Vier nuwe dopelinge! Baie geluk aan die trotse ouers ..
Van links na regs:

THELMA CHRISTINA DU TOIT
MC en Joanita se eerste baba is op 07 Februarie 2016 gedoop.

KLARA DE KOCK
Barend en Anja se eerste dogtertjie, en Daniel se sussie is 17 Januarie 2016 gedoop.

DANIEL SCHOEMAN
Julius en Adriana se klein Daniel is die vakansie in Dias gemeente gedoop op 20 Desemeber 2015.

PIETER JOSEF DERKSEN
Pieter is in Plettenbergbaai se gemeente gedoop gedurend die vakansie op 27 Desember 2015. Hier is die hele familie, Chris, Susan, Sophia, klein Chris en Pieter in Keurbooms op die groot dag!
NUWE LIDMATE

Baie welkom aan ons nuutste lidmate. Ons hoop 'n vind tuiste in ons gemeente.

Pieter en Jackie Krynauw van Helderberg NG gemeente.

Peter Kruger van George-Bergsig NG gemeente.
KALENDER
BAIE DANKIE AAN MARIA MAGDELENA VAN WYK VIR DIE PRAGTIGE ONTWERP VIR HIERDIE JAAR SE KALENDER. EK DINK ONS KAN ALMAL SAAMSTEM DAT DIT BAIE BESONDERS IS.
DIEGENE WAT HOU VAN DIE NUWE MEDITATIEWE GIER VAN INKLEUR, KAN DIT OOK DOEN! DEEL SOMMER JOU KUNSWERK OP ONS FACEBOOKBLAD.
VIR MEER INLIGTING OOR MARIE MAGDALENA SE WERK KUIER GERUS HAAR TUISBLAD

VALENTYENSDAGTEE

Wat 'n lekker verrassing toe ons instap by die saal na kerk en 'n tafel vol koeke en terte sien! Alles vir 'n spesiale valentynsdagtee. Dankie aan al die ma's wat bygedra het tot hierdie mooi oggend.
BELANGRIKE DATUMS
FEBRUARIE
18 SEA POINT PLACE EREDIENS 09:30
27 MONTE ROSA BASAAR

MAART
04 WERELD BIDDAG VIR VROUENS
05 TAMBOERSKLOOF BASAAR
06 ARGUS FIETSTOER
05 WERELD BIDDAG VIR MANS
18 SKOLE SLUIT
18 SEA POINT PLACE EREDIENS 09:30
20 PALMSONDAG
24 HEILIGE DONDERDAG
25 GOEIE VRYDAG
26 STIL SATERDAG
28 GESINSDAG


KERKRAAD

OUDERLINGE
Andre du Plessis
Francois Kitshoff
Kobus Meiring
Louise Voigt

DIAKENS
Chris Derksen
Helena Gavera
Adriana Schoeman
Carlo Froneman
Lammies van Vreden

Karien Zulch

PERSONEEL
DOMINEE Martin Steyn
KOSTER Andre du Plessis
TUINIER Wellington Sadimba
Copyright © *|CURRENT_YEAR|* *|LIST:COMPANY|*, All rights reserved.
*|IFNOT:ARCHIVE_PAGE|* *|LIST:DESCRIPTION|*


*|HTML:LIST_ADDRESS_HTML|* *|END:IF|* unsubscribe from this list update subscription preferences

*|IF:REWARDS|* *|HTML:REWARDS|* *|END:IF|*
EREDIENS Sondag 9:30

KANTOOR 021 439 6214
ADRES DS. MARTIN STEYN DONASIES
265 Hoofweg, SEL 083 321 8130 Standard Bank
Seepunt EPOS mrtnsteyn@yahoo.com Seepunt
8005 PASTORIE 021 433 0901 Rekening no. 071038663 Takkode 024109