ONS NUUSBRIEF

*|MC:SUBJECT|*
Maandbrief APRIL- MEI 2016 Uitgawe 22
Ons hemelvaart-ete diens belowe om weereens 'n wonderlike aand te wees van geselligheid, vriende maak en smaaklike kos!
Die ete is gratis en oop vir die hele gemeente en vriende van die gemeente.
Daar is ook vermaak en toesig vir die kinders by die pastorie.
Laat asb.weet as u bereid is om 'n gereg te maak of 'n geldelike bydra te gee vir die bestandele.
SMS 0823907710 of epos: ngkdab@polka.co.za om jou plek te bespreek vir die bybelse ete. Daar is slegs 50 kaartjies beskikbaar.
SONDAE... SONDAE.. SONNIGE DAE
Die nuwe boek van Walter Brueggemann het my so ‘n bietjie laat stilstaan om net weer te dink oor Sondae. Sondag was altyd ‘n dag van reëls oor wat jy mag en nie mag doen nie. Jy mag nie swem nie en jy moet jou middagslapie neem. Deesdae is dit ‘n dag waarin jy jou sosiale lewe inpas omdat daar nie tyd in die week was om al jou kuiers in te pas nie. Stadig maar seker sien ons weer die waarde van Sondae as dinge net te veel raak.
Dit is ‘n dag vir heling. Sondag is die dag wanneer al my werk gedoen is, al is dit nie. Sondag is die dag wat ek ten volle beskikbaar is vir myself en die wat ek die meeste liefhet. Sondag is die dag wat jy vir jouself sê:” Ek is nie ‘n masjien nie.” Sondag is die dag wat my foon af is, ek nie na e-posse kyk nie en jy my nie in die hande gaan kry nie.

Sondag is die dag wat ek onthou dat toe God die wêreld gemaak het, Hy gesê het :” Dit is goed!”
Dink mooi oor jou Sondag en hoe jy dit gebruik?

Amazon skryf kortliks die volgende oor die boek:“Popular author Walter Brueggemann writes that the Sabbath is not simply about keeping rules but rather about becoming a whole person and restoring a whole society. Importantly, Brueggemann speaks to a 24/7 society of consumption, a society in which we live to achieve, accomplish, perform, and possess” Amazon book review


Ds. Martin Steyn
Ons hele Christelike kerkjaar draai eintlik om die woorde van Lied 422: “Die Heer, die Heer het opgestaan! Die Heer het wáárlik opgestaan!” Elke Sondag, ongeag watter seisoen, vier ons hierdie blye wete. Met die ses Sondae van die Paasseisoen het ons weer ’n geleentheid om vir hierdie tydperk dit werklik weer opnuut in ons harte en die harte van ons gemeentes tuis te bring. Elke Sondag in Paastyd. Elke Sondag se diens behoort dus ’n feesdiens te wees met baie liedere en vrolikheid om hierdie boodskap duidelik te maak.
Ons vier met Paasfees Christus se lewe omdat ons lewe en die lewe vir ewig sal hê. Dit is egter nie net ’n blote bevestiging en viering van die feit dat Christus en ons lewe nie, maar die seisoen sluit ook eintlik af met Pinkster as hoogtepunt en die viering dat Christus werklik, deur middel van sy Heilige Gees, ook in en déúr ons lewe.
Tekste vir Paastyd in hierdie liturgiese jaar :Die fokustekste vir hierdie jaar se Paassondae kom uit die Johannesevangelie en sentreer rondom Jesus se verskynings aan sy dissipels na sy dood en opstanding sowel as tekste waar Hy hulle voorberei op dit wat kom nadat Hy weer na die hemel opgevaar het.
( Woord en Fees; 2016)
Hemelvaart is dikwels ’n moeilike fees om te vier, want dit voel of mens Christus se weggaan vier, terwyl juis die teendeel waar is – Hy gaan juis weg om nader te kom. In die 2012-2013 bundel haal Michiel Strauss ’n treffende gedeelte deur Thielicke aan.
“The ascension does not mean that Jesus
leaves us; on the contrary,
it means that He comes terribly near to us.
The boundary between this world and the Beyond
which has been passed on Christmas night,
is just being crossed once again, and in a new way. Before, when He walked the earth, He was close to only a few – only the little group of disciples;
his presence was limited by space and time. Only a few
heard his word in those days; today it
spans the world. Then only a handful of
his friends could plead, ‘Stay with us, for
it is towards evening’, today millions of
hands fold in prayer and where two or
three are gathered He will be amongst them. He passes through the door of our homes and through the walls of prisons . . .”
(Thielicke, H 1968. I believe; The Christian’s Creed. Philadelphia: Fortress Press.)

Ons Hemelvaartdiens is die 5de Mei om 19:00 die aand in die kerk waar ons weer saam gaan eet met ons Hemelvaart -ete

Pinkster val altyd tussen Hemelvaart en Pinkstersondag. Hierdie jaar is dit in die week van 5 Mei tot 15 Mei. Op Pinkstersondag vier ons op feestelike wyse Jesus se oorwinning en die vervulling van sy beloftes vir die kerk. Een van sy beloftes was dat sy Heilige Gees die kerk sal lei. Jesus is inderdaad die Waarheid. Sy beloftes word waar! Hy is ook die Ewige Lewe en die Weg na die Vader. Die Heilige Gees kom lei Jesus se bruid in die volle waarheid terwyl Hy vir haar plek gaan gereedmaak. So vier die bruid, die kerk, op Pinkster-sondag reeds fees omdat die uitstaande belofte van die bruilofsfees van die Lam die vervulling van Jesus se finale oorwinning gaan wees.

Hierdie jaar met ons aand Pinksterdienste van die 8ste tot 12de Mei gaan ons weer na die gawes van die Gees kyk. Die dienste gaan om 19:00 die aand begin. Die kinders is ook baie welkom as ons saam met die dienste ook ‘n kinder pinkster-reeks gaan hou.

KLEINSPAN PLUK GROENTE

Ons Jong spannetjie het lekker groente geoes by die Oranjezicht City Farm and Market Day in die stad. Dis 'n besonderse lekker uitstappie wat elke eerste Woensdag van die maand plaasvind. Daar was wortels, beet, boontjies, okra, spinasie, preie, kool en nog baie meer! Hoop die kindertjies het al hulle groente opgeëet.
Elke maand beplan ons 'n uitstappie vir ons voorskool kindertjies. As u dalk wil bywoon kontak Megan 082 390 7710.

NUWE LIDMATE

Baie welkom aan ons nuutste lidmate. Ons hoop 'n vind tuiste in ons gemeente.

ANE ERASMUS
van Monumentpark NG gemeente.

RENE JANSE VAN RENSBURG
van Waterkloof NG gemeente.

NADIA JANSE VAN RENSBURG
van Pretoria-Oosterlig NG gemeente.
DOOP...DOOP... DOOP!
Twee nuwe dopelinge! Baie geluk aan die trotse ouers ..
Van links na regs:

MADELEINE ROSSOUW
Ettiene en Mieke se eerste babajie, Madeleine is op 13 Maart 2016 gedoop.

GIDEON WESSEL
Deon en Lizelle se klein Gideon is die gedoop op 24 April 2016.
FAMILIE PIEKNIEKDAG

Ons nooi al die kinders en hulle ouers om Saterdag-oggend 21 Mei om 10:00 'n lekker winters piekniek op Queens beach te hou! Vir meer inligting kontak asb. Megan 082 390 7710

;BELANGRIKE DATUMS
APRIL
15 SEA POINT PLACE EREDIENS 09:30
20 KERKRAADSVERGADERING 18:00
25 SOSIALE TAFELTENNIS 19:00
26 BABA SPEELGROEPIE 8:45
27 VRYHEIDSDAG
28 BYBELSTUDIE 9:30

MEI
02 SOSIALE TAFELTENNIS 19:00
03 BABA SPEELGROEPIE 8:45
05 HEMELVAARTETE 19:00
09-12 PINKSTERDIENSTE 19:00
12 BYBELSTUDIE 9:30
10 BABA SPEELGROEPIE 8:45
16 SOSIALE TAFELTENNIS 19:00
17 BABA SPEELGROEPIE 8:45
19 BYBELSTUDIE 9:30
20 SEA POINT PLACE EREDIENS 09:30
21 FAMILIE PIEKNIEKDAG
23 SOSIALE TAFELTENNIS 19:00
24 BABA SPEELGROEPIE 8:45
26 BYBELSTUDIE 9:30
30 SOSIALE TAFELTENNIS 19:00
31 BABA SPEELGROEPIE 8:45

KERKRAAD

OUDERLINGE
Andre du Plessis
Francois Kitshoff
Kobus Meiring
Louise Voigt

DIAKENS
Chris Derksen
Helena Gavera
Adriana Schoeman
Carlo Froneman
Lammies van Vreden

Karien Zulch

PERSONEEL
DOMINEE Martin Steyn
KOSTER Agnes Vries
TUINIER Wellington Sadimba
Copyright © *|CURRENT_YEAR|* *|LIST:COMPANY|*, All rights reserved.
*|IFNOT:ARCHIVE_PAGE|* *|LIST:DESCRIPTION|*


*|HTML:LIST_ADDRESS_HTML|* *|END:IF|* unsubscribe from this list update subscription preferences

*|IF:REWARDS|* *|HTML:REWARDS|* *|END:IF|*
EREDIENS Sondag 9:30

KANTOOR 021 439 6214
ADRES DS. MARTIN STEYN DONASIES
265 Hoofweg, SEL 083 321 8130 Standard Bank
Seepunt EPOS mrtnsteyn@yahoo.com Seepunt
8005 PASTORIE 021 433 0901 Rekening no. 071038663 Takkode 024109