Ervaar ‘n oudtyse basaar in die hartjie van Kaapstad. Terwyl jy luister na die boereorkes onder die bome van die kerktuin kan jy kies en keur uit pannekoek, boerewors, potjiekos vars slaaie, sosaties en natuurlik basaarpoeding! Koekedoor bring hierdie jaar hul tradisionele melkterte en koeksisters – kom ontmoet die bobaasbaksters! Snuffel rond tussen die witolifante, tweedehandse klere en boeke vir winskopies. Die kinderspeelarea, onder toesig, is ‘n kind se droom. Daar is ‘n springkasteel, plaasdiere, ‘n towenaar en baie speletjies. Daar is ook lieflike handgemaakte geskenke net reg vir Kersfees. Moenie hierdie jaar Drieankerbaai se basaar misloop nie!
Experience an original small town bazaar in the heart of the city. Set in the pastoral gardens beneath the shade of majestic trees, enjoy a bite to eat from a selection of homemade foods- from potjie, boerewors, pancakes and pudding to fresh salads, spitbraae and more local cuisine. Rumble through the bric-and-brac, books and clothes and find some hidden gems. Gear up for Christmas with some beautiful handmade gifts and homemade cookies as stocking fillers. All the while tapping your feet to the beat of the live boereorkes! Children entertainment area in our supervised park with jumping castle, face painting, petting zoo and much, much more!
Share & invite friends and family via our Facebook Event Page to spread the word!