NUUS

*|MC:SUBJECT|*
Maandbrief  MEI-JUNIE 2015      Uitgawe 18

KOFFIE VIR DIE SIEL..


Koffie is amper soos ‘n godsdiens, en vir party mense is dit ‘n godsdien! ‘n Soeke na die perfekte koffie het sy “Flat White of cappuccino”, of jy dit nou self maak het of jy na jou gunsteling koffiewinkel gaan. Hier in die Kaap is ons bederf met ‘n verskeidenheid van koffiewinkels en selfs ‘n paar roosterye. Daar is ‘n verhaal wat vertel dat die cappuccino vernoem is na ‘n monnik klooster wat as die ‘Capuchin’ orde bekend staan. Die rede hiervoor is dat die kleur van die koffie nadat dit met die melk gemeng is dieselfde kleur is as die kleed wat hulle aantrek! So miskien het koffie ‘n nouer verband met kerk as wat ons dink.

Koffie is ook iets wat mense bymekaar bring vir ‘n lekker gesels na kerk. Ek dink sommer aan ons eie koffies na kerk. Soms is 'n koppie koffie al wat nodig is vir ‘n lekker geselsie.

Vandag wil ek jou uitdaag: Nooi iemand uit vir ‘n koffie! Sommer net vir ‘n geselsi, maar ook net miskien sodat jy iets kan deel van jou ervaring met God. Ek dink aan Sondag se teks van 1 Johannes 3:18:” Liewe kinders , ons liefde moet nie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.”
JAARLIKSE DANKOFFER

Meimaand is die maand wanneer ons in die Drie Anker Baai – gemeente ons jaarlikse dankoffer bring. Dit word ook genoem die tiende maandoffer en dit sal vanjaar op die laaste Sondag van Mei , dws die 31ste, plaasvind. Dan kry ons as gemeente die geleentheid om `n spesiale bydrae persoonlik in die dankofferkis voor in die kerk te plaas.
Ons gemeente het hoofsaaklik vier bronne van inkomste. Die grootste bron is die maandelikse bydraes waar gemeentelede maandeliks by wyse van `n koevertjie of `n elektroniese oorplasing hul gereelde bydrae maak en wat baie help om die gemeente se kontantvloei te verseker.
Die tweede bron is die weeklikse bankkollekte wat elke Sondag gehou word. Die derde bron is ons jaarlikse veiling en basaar wat teen die einde van Oktober/ vroeg in November plaasvind en wat van jaar tot jaar besig is om merkwaardig te groei. En dan is die vierde bron die Jaarlikse dankoffer waar ons as gemeente `n spesiale lofoffer kan maak.
Drie Anker Baai is een van die NGKerk se klein stedelike gemeentes met `n lang en mooi geskiedenis. Die gemeente is in 1880 van die Groote Kerk afgestig en ons is bevoorreg om binne in die stad te mag vergader in `n pragtige geskiedkundige kerkgebou omring deur een van die min tuine wat nog in Seepunt se besige Hoofstraat oor is. Ons lidmaatgetalle is nie groot nie, maar is tog besig om baie mooi te groei en die getal kleuters wat op `n Sondag die kleuterkerk bywoon, is `n bron van groot vreugde elke Sondag.
Dit bly egter `n groot uitdaging om ons boeke te laat klop en om ons deure oop te hou en daarom doen die Kerkraad `n beroep op elkeen van ons lidmate om hierdie jaarlikse dankoffer te ondersteun. Vir die doel heg ons `n spesiale koevertjie aan of U kan U bydrae elektronies doen.
Kom ons maak `n spesiale poging om die Here te dank vir al die se├źninge wat ons elke dag uit Sy Hand mag ervaar 

KOBUS MEIRING
Namens die Kerkraad
KOM VIER MOEDERSDAG SAAM MET ONS HIERDIE SONDAG
(10 MEI 2015) OOR 'N KOPPIE TEE EN SNYTJIE KOEK!

ONS GEDENKPILAAR

IN DIE SKADU VAN ONS MAJESTUEUSE KERK IS DIE NG KERK GEDENKPILAAR OPGERIG.

VIR MEER INLIGTING KONTAK ASB. DIE KERKKANTOOR

HEMELVAART
GEMEENTE BYBELSETE
-----------------------------------------------------------
14 MEI 2015
19:00

BESPREEK NOU!!!

Ons nooi gemeente en vriende uit om oor 'n intieme ete oor kerslig, woorde, sang en nagmaal Hemelvaart te beleef. 

RSVP Sondag 10 Mei 2015

LAAT ASB WEET AS U GRAAG 'N GEREG WIL HELP VOORBEREI OF BESTANDELE WIL SKENK. BAIE DANKIE!

ngkdab@polka.co.za 
 
MARIUS SNYMAN                EMMA MARET NEL
15 MAART 2015                                 22 MAART 2015          

Ons was bevoorreg om as gemeente die doop van Marius Snyman en Emma Maret Nel te kon beleef.

Marius Snyman is Jaco en Carin se eerste babatjie, gebore op 21 November 2014.  Welkom in NGK Drieankerbaai, Marias

Emma Nel gebore, 12 November 2014 is ook die eerste babatjie vir haar trotse ouers Werner en Elana. Welkom in ons gemeente Emma!

PIETER JOSEF DERKSEN

Ons jongste lidmaat is 25 February 2015 gebore! Baie welkom Pieter! Hy is Chris en Susan se derde kindjie, en oulike klein boetie vir Sophia en Chris Jnr.

SNAPSCAN


Het u al die snapscan APP op jou slimfoon afgelaai?   Indien so, is dit nou 'n baie maklike manier om u kollekete te skenk!

'Scan' net die prentjie, en maak u betaling!

"Loadshedding"? Bybelstudie?  Geen probleem, ons maak 'n plan!


Ons nuutste bybelstudie groep vergader elke Woensdag-aand saam. As u graag wil inskakel kontak asseblief vir Remerta Basson: 072 867 0829
Daar is ook Donderdae-oggende bybelstudie in die kerksaal.  Almal is welkom.
FOTO: Dries de jager by Woensdag se bybelstudie Woensdag-aand
BELANGRIKE DATUMS
 
MEI
01  WERKERSDAG
04-05  SINODESITTING
           GOUDINI
10  MOEDERSDAG TEE
14  HEMELVAARTEDIENS & ETE
15  SEA POINT PLACE 10:00
24  PINKSTER-SONDAG
25-27  PINKSTERDIENSTE
           GROOTEKERK 19:00
30  SONNEKUS NGK MARKDAG
31  TRINITEITSONDAG

JUNIE
09  TAMBOERSKLOOF WYN-VEILING
14  NAGMAAL
15  SKOOL VAKANSIEDAG
16  JEUGDAG
19  SEA POINT PLACE 10:00
21  VADERSDAG KOEK & TEE
26  SKOLE SLUIT
 

KERKRAAD

OUDERLINGE
Andre du Plessis
Francois Kitshoff
Kobus Meiring
Louise Voigt

DIAKENS
Chris Derksen
Helena Gavera
Adriana Schoeman
Lammies van Vreden

 

PERSONEEL

DOMINEE  Martin Steyn
SKRIBA  Carina Wiese
KOSTER
Andre du Plessis

TUINIER Wellington Sadimba
 
Share
Copyright *|CURRENT_YEAR|* *|LIST:COMPANY|*, All rights reserved.
*|IFNOT:ARCHIVE_PAGE|* *|LIST:DESCRIPTION|*

Our mailing address is:
*|HTML:LIST_ADDRESS_HTML|* *|END:IF|* unsubscribe from this list    update subscription preferences 

*|IF:REWARDS|* *|HTML:REWARDS|* *|END:IF|*
EREDIENS Sondag 9:30
265 Hoofweg, Seepunt
KANTOOR 021 4396214
DONASIES
Standard Bank
Seepunt
Rekening no. 071038663
Takkode 024109